
KORING EN KAF




Ek glo hierdie is deur Iemand besonders geskep, ek sou baie graag een van die min wou wees wat eendag Die Skepper hiervan sal ontmoet. Om te kwalifiseer daarvoor beteken dat ek die Koring en die Kaf sal moet skei. Openbaring 13 vers 3 tweede gedeelte, " En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan." Hoe skei jy die Koring en die Kaf as almal reken hulle is reg? Stap saam met my op ‘n soektog na die antwoord. Dalk vind jy iets in my soektog wat jou in joune kan help. Hierdie in my eie persoonlike soektog en nes elke ander sal ek aanhou soek en krap tot ek dit gevind het wat my bewys Hierdie is die Kaf en Daardie is die Koring.
Die Kaf van ons wêreld.
Ons gaan eendag geen keuse meer hê in ons lewe nie.
Die Koring van ons wêreld.
Elke mens sal graag hier wil wees. Om hier te eindig is om die regte keuse te maak in jou lewe.
Hierdie is ‘n plek waar geen enkele mens ooit wil wees nie. Tog as ons die Bybel reg vertolk gaan die meeste van ons wel hier eindig, al het ons in ons eie opinie die anderkant meer verdien. Hoe skrikwekkend is die feit net nie. Is dit nie uitsluitlik my eie plig en verantwoordelikheid om seker te maak dat, ek al die feite weet en dat ek sal staan of val by my eie keuse nie.
-
Hoofstuk Een Die Soektog Begin
-
Hoofstuk Twee So Baie Gelowe
-
Hoofstuk Drie Die Messias
Hoofstuk Een
Die Soektog Begin
Ek het ‘n Christenlike agtergrond en opvoeding gehad. In my opinie was ek ‘n gereelde kerkganger en redelik betrokke by welke gemeente ek aanbid het. Sondae was kerkdag en so min as moontlik werk is gedoen. Soos Ouma my geleer het nie eens naaldwerk word gedoen nie. Dit was gesinsdag. Deur die jare het ek volwasse geword, getrou, kinders gekry, my kinders geleer en opgevoed, soos ek geleer en opgevoed was. Erens was daar ‘n leemte en klomp vrae14, wat altyd beantwoord is deur die Predikante, maar wat nooit werklik aanvaarding in my lewe gebring het nie. Ek het besluit om op my eie , hierdie vrae beantwoord te kry, tot dat ek tevrede was. Min wetende dat my vrae, na meer vrae, en nog meer sou lei. Dit het my op ‘n weg geneem waarvoor ek beslis nie voorbereid was nie. Ek het besef my lewe en uitkyk op alles waarmee ek groot geword het, het onherroeplik verander.
Is dit ‘n slegte ding het ek myself afgevra? Nee dis nie. Verseker is dit nie wat ek wou hê nie. Ongelukkig as jy vrae vra en antwoorde kry, moet jy dit neem of jy wil of nie.
So wat was die vrae.
Wie is Konstantyn dat hy so ‘n invloed op die stigting van ons geloof gehad het? Waarom het Die Seun hierdie weg gekies en nie Self die dinge bekend gemaak aan die mense nie?
Konstantyn was ‘n Heidense Priester. Hy het sy geloof verweef in die Christenlike geloof omdat hy magsbehep was. Al die wette en sake wat deur hom sowel as die Rooms Katolieke Kerk begin is, was verseker nie dit wat Die Seun verkondig het of gelewe het nie. Toe ek hierdie tog begin het, het ek besluit daar’s drie dinge wat onbetwisbaar is vir my, en daardie punte is die volgende:
-
Daar is ‘n Vader (Skepper), daar is ‘n Seun (Messias), en daar is ‘n Trooster.
-
Die lewe en sterwe van Messias op aarde is my bevestiging van alles wat die Vader gesê het.
-
Die Tien Gebooie is my rigting wyser van hoe ek my lewe moet lewe.
Alles anders is deur mense daar gestel, al is dit volgens hulle indukasie deur die Heilige Gees. Die Drie Enige God van die Christenlike geloof is deur ‘n klomp Rooms Katolieke Priesters besluit, meer as 300 jaar nadat Messias op hierdie aarde gewandel het. Indien dit waar en korrek was, waarom het Messias aanhoudend gebid tot Sy Vader? Hoekom het Hy dan nie net gese, dit sal so wees en klaar nie. Nee, want die Vader was apart van Hom. Daarom het Hy telkemale in afsondering gaan bid tot Sy Vader.
Hoekom vra “Vader waarom het U my verlaat?” as daar nie ‘n Vader was nie. Daar was ‘n Vader en Hy het tot Hom gebid. Die Messias het die Sabbat onderhou en almal geleer om dit te eerbiedig en te onderhou. Hoekom nie toe al gese, verander dit nou na Sondag nie. Nee want dit was nie die keuse of wil van Sy Vader nie. Daarom het Hy slegs dit gedoen en bevestig wat Sy Vader reeds daar gestel het vir almal om te weet.
Die letter “J” het eers in die 16 de eeu ontstaan dus, wat het al die mense in al die eeue voor dit “ Jesus” genoem? Messias was nie Jesus genoem toe Hy op hierdie aarde gewandel het nie. Baie duidelik is die menslike faktor hier ook aanwesig, weer eens deur die leiding van die Heilige Gees.
Die Drie enige God , die Sondag aanbidding, die naam Jesus Christus en vele meer is deur mense daar gestel. Die Christenlike geloof is ‘n samestelling van Heidense gebruike met die kleed van Die Messias se lewe en bediening. Die verskillende tale en gelowe, (44 000 verskillende gelowe) net in die Christenlike geloof is wyd. Elke een glo dat sy eie bepaalde manier die egte en ware manier is. Dis onmoontlik dat almal reg kan wees as die Bybel dit duidelik stel, “Die hele wêreld loop agter die dier aan.”
Die Bybel sê “die pad na die hemel is smal en die pad na die hel toe is breed.”
Statestieke bewys dat die Christelike geloof die grootste groep lede het, dus as hulle reg is, moet mens vra, waar kom die bogenoemde stelling van die Bybel dan in? Daar is te veel uiteenlopende punte om dit in totaliteit as ‘n eenheid te kan sien. Ek persoonlik het hierdie punte baie erenstig beskou en besluit hier is erens ‘n baie groot skroef in die wiel los. Erens is iemand besig met ‘n plan wat niemand raaksien of herken nie. ‘n Plan so goed gedoen, dat almal vandag in hierdie wêreld blindelings daarmee saam loop, sonder dat hulle dit besef. Tot en met nou, was ek verseker een van hierdie blindelingse groep gewees.
Hoofstuk Twee
So Baie Gelowe
Noudat ek sien dat Christenskap soos ek dit leer ken het, verseker nie reg kan wees nie. Soek ek verder in die ander gelowe hier op aarde. Ek weet reeds dat ander gelowe ver voor die Christenvolk bestaan het. Ek gaan terug na die Ou Testamentiese tyd vir die volgende hoofstuk.
In Genesis ontdek ek iets heel besonders. Meeste mense vandag is baie besig met Openbaring en die Nuwe Testament omdat daar algemeen geglo word, dat ons nou in daardie tyd van die geskiedenis is. Ek gaan ‘n totale ander weg volg.
Hoe kan jy na die laaste hoofstuk gaan, jy nie eens die eerste hoofstuk en die raamwerk van die opset verstaan nie. Hier kom nou ‘n paar sake uit na vore.
1) Die stryd tussen Die Skepper en die Satan.
2) Die aarde is die plek waarop alles begin verkeerd gegaan het en ook waar alles gaan eindig.
3) Alle hemelwesens is onsterflik, slegs die aardbewoners is sterflik.
4) Die beheer op die aarde word aan Satan gegee, tot Die Messias weer op die wolke kom.
5) Die bewoners van die aarde gaan ‘n keuse moet maak, wie hulle Leier gaan wees.
6) Die keuse van die aardbewoners is ‘n vrye keuse.
7) Die Skepper meng nie in daarmee nie.
8) Satan mag die aardbewoners wel manupileer.
9) Die Skepper se skepping na Sy beeld, die Adam en sy vrou het gefouteer, deur hulle oor te gee aan Satan se manipulasie. Sodoende het hulle hulself en die aardbewoners gedistansieer van Die Skepper.
10) Die Skepper bied genade en versoening in die vorm van Sy Seun (Messias) aan die aardbewoners sowel as die Adamsgeslag.
11) Die Satan word vir ‘n tyd toegelaat om die aardbewoners te beinvloed in hulle keuses, om Messias te aanvaar of verwerp.
12) Die keuse tussen Messias of Satan bepaal die aardbewoner se stand met Die Skepper.
13) Die laaste stryd teen Satan sal op die aarde wees. Al die hemelwesens en al die aardbewoners, van die begin van tyd tot die einde van tyd, sal daar teenwoordig wees.
Satan was eerste op hierdie aarde. Hy het al die hemelse kennis, tyd, en onsterflikheid om ‘n baie diep netwerk daar te stel vir die misleiding van die aardbewoners.
Omdat Satan die kennis van Die Skepper se planne geken het, was sy reaksie daarop om ten eerste ‘n netwerk van gelowe daar te stel. Almal het in ‘n mindere of gelyke mate die kenmerke van die Adamsgeslag (Israelvolk) gehad. Verder het Satan seker gemaak dat alles geboekstaaf kon word deur die eeue heen, niemand sou kon stry met die geskiedenis en sigbare bewyse daarvan nie.
‘n Baie intressante saak, is die van Henog in die Bybel, selgs sy nageslag word weergegee in ons Bybel en geen van sy geskiedenis nie. Tog was hy volgens die Bybel ‘n man wat saam met God gewandel het. So opreg dat God hom lewend na die hemel geneem het. ‘n Mens so na aan God, maar geen informasie van sy lewe word, soos Moses of Abraham gegee nie. Duidelik weereens die besluite van mense. Wat my beslis weereens die mense se redes laat bevraagteken.
Die voorvloed se tyd was totaal anders as wat ons op die aarde vandag ken. Die hemelwesens wat saam met Satan op die aarde gewerp is, het op hierdie aarde beweeg en gelewe as “Gode” onder die aardbewoners. Hulle het hulle hemelse kennis aan die aardbewoners geleer en hulle sodoende mislei.
Hulle vermenging met die aardbewoners het tragiese gevolge gehad vir die aardbewoners. In daardie tyd was daar een man wat nie gedeel het in hierdie kennis en praktye van die hemelwesens nie. Hierdie man was sekerlik as ‘n uitgeworpene deur die aardbewoners gereken. Die hemelwesens het geweet dat hierdie man toegang het tot Die Skepper, wat hulle verloor het. Daarom het die van hulle, wat tot die besef van hulle wandade gekom het, hierdie man gaan opsoek en hom gevra om hulle te help. Hierdie man se naam was Henog. Hy het as bemiddelaar tussen die gevalle hemelwesens en Die Skepper opgetree. Omdat hierdie hemelwesens en hulle vermengde reusagtige kinders, onsterflik was en die aarde totaal besoedel was met hulle wanpraktye, moes Die Skepper intree om die aardbewoners te red van hierdie gruwel. Die breking van die raqia om die aarde het ‘n vloed tot gevolg gehad, waarin net die uitverkose paar aardbewoners oorleef het. Tesame met die vloed het die verbaning van die hemelwesens vanaf die sigbare realiteit van die aarde gebeur. Na die vloed het die seisoene ontstaan en lewe soos ons dit vandag ken.
Die ontstaan van baie gelowe in die Ou Testamentiese tyd, en die invloed wat hulle op die Adamsgeslag ( Israelsvolk) gehad het, is duidelik aangeteken. Ons lees telkemale hoe die uitgekose volk afdwaal en getugtig word deur hulle leier van die dag. Om hulle te bekeer en weg te draai van die afdwaalpaaie en terug te keer na die regte pad. Die Tien Gebooie is as rugstring vir die volk gegee, om hulle te leer wat Die Skepper van hulle verlang. Die Ou Testament is die aardbewoners se leertydperk om hulle voor te berei, vir wanneer Die Messias kom om die verlossing vir ons te bring. Satan het geweet dat hy baie seker moet maak dat hierdie tyd wel gebruik word. Sodat die aardbewoners se grondslag so verdeeld was, dat hulle dit moeilik sou vind om die ware Weg, te herken tussen al hierdie wee wat hy daar gestel het. Satan het beslis nie gaan le en rus in
hierdie tyd nie. Hy het baie seker van sy werk gemaak. Hy het verskeie hooggeplaaste persone in elke tydvlak gebruik om sy plan in aksie te plaas en te hou. Baie van hierdie hooggeplaaste persone was onder die indruk dat hulle Die Skepper se werk verrrig.
Hoofstuk Drie
Die Messias
Die tyd vir Die Messias en die verlossings plan het gearriveer. Die Messias het gekom om Sy Vader se wil hier op aarde, te kom bevestig. Die Messias het niks nuut vir die aardbewoners gebring nie, net die Ou Testamentiese belofte oor die verlossing kom bewaarheid. Deur vir ons te sterwe het Messias die manupilasie van Satan in die tuin van Eeden kom vernietig. Die bloedoffers wat die volk tot hiertoe moes offer, het daarmee verval. Die Messias het die volle prys betaal en geen bloed of brand offers was hierna meer nodig nie.
Die Messias het op verskeie geleenthede die Fariseers aangespreek oor hulle aangeleerde maniere waarop hulle Die Skepper gedien het. Daarom is Die Messias se tydperk op hierdie aarde vir my so baie belangrik. Ek leer daaruit dat Die Messias getrou aan Sy Vader se wil en wense was, ongeag die prys wat Hy sou moes betaal vir die aardbewoners se verlossing. Na die opstanding het Die Messias die aardbewonders verlaat, met die belofte dat, Hy en Sy Vader weer sal kom op die wolke en dan gaan Hulle Hul kinders kom haal, om saam met Hulle vir ewig te woon.
Satan se tweede plan tot misleiding het daarmee in werking getree. Satan kon nie Die Messias se lewe of die opstandig tot niet maak nie, daarom het Satan dit gebruik om sodoende nog ‘n profesie van die Bybel te bewaarheid.
Daardie profesie was “Ek kom in My eie Naam en julle aanvaar My nie, maar as ‘n ander in valse naam kom aanvaar julle hom “
Konstantyn was die Satan se keuse om sy planne daar te stel. Verenig die Heidense gelowe met die Christen geloof, neem die Heidense gebruike, dae en rituele en vermeng dit met die Christenvolk s’n. Dan maak jy dit wettig en verplig almal om dit te aanvaar of te sterf. Dit is presies wat Konstantyn en die Rooms Katolieke kerk gedoen het. Hulle het gesê word Christen of sterf. Die geskiedenis van die Rooms Katolieke Kerk is oop en bloot te vinde op die internet by:
Adherents.com: National & World Religion Statistics - Church Statistics - World Religions
Konstantyn was magtig en hy het al sy teestanders verslaan en soos die gebruik was hulle eiendom gekonfiskeer. Konstantyn het daarna die Heidense Tempels wat hy gebuit het aan die Katolieke Kerk gegee om dit te gebruik as Christenlike kerke. Niks wat Die Messias se lewe kom bevestig het, het behoue gebly na hierdie vermenging nie.
Die mees skokkende gebeurtenis het met die inwyding van een van hierdie Heiden/Christenlike kerke gebeur. Volgens Adherents onder die opskrif:


"Imago Salvatoris infixa parietibus primum visibilis omni populo Romano apparuit" (Joan. Diac., Lib. de Ecclesia Lat., PL CXCIV 1543-1560).
Wat beteken hierdie woorde:
Die beeld van die Verlosser, vaste mure eerste sigbaar vir alle mense verskyn"
(John Diac. "Lib. Kerk Age." PL 194, 1543-1560).
Volgens hierdie Katolieke geskiedenis het “Jesus Christus” reeds gekom, en sy regmatige plek in die kerk ingeneem. Dit was die finale bevestiging vir my dat die hele Christenlike geloof soos ons dit ken en verstaan en meedoen aan, deur Satan gekaap was, in die begin van tyd. Satan het alles so uitgewis dat net dit wat hy wou he behoue bly, vir die komende eeue daar so sou wees. Niemand kan teen geskrewe dokumente baklei nie. Die Bybel is deeglik aangepas om voorsiening te maak vir alles wat “Jesus Christus” sou doen en wil he, so word die Ware Messias se woorde en dade gesteel en gekorrupteer en misbruik deur Satan tot sy werking in sy plan teen Die Messias.
Om die ware weg te herken in hierdie saamgesmelte gelowe is bykans onmoontlik maar as ek by die drie punte bly, wat ek glo as waar en eg is, weet ek dat die Waarheid wel sal seevier. Ek sal die bewyse daarvoor vind. Ek moet net aanhou glo en vertrou in die wat ek as waar en opreg beskou.
Daar is ‘n Skepper. Daar is ‘n Messias en daar is ‘n Trooster. Daar bestaan Tien Gebooie. Wat die Naam van Die Skepper en Die Messias is, sal ek later deurgee, so ook die bewys dat die Tien Gebooie waar en kragtig is. Dit sal in die latere hoofstukke na vore kom.
Basilica of Saint John Lateran
In these mosaics, as they now appear, the centre of the upper portion is occupied by the figure of Christ surrounded by nine angels. This figure is extremely ancient, and dates from the fifth, or it may be even the fourth century. It is possible even that it is the identical one which, as is told in ancient tradition, was manifested to the eyes of the worshippers on the occasion of the dedication of the church: